Gesiggie sê alles! Baie geluk, Ivan! Nog 'n kategorie gewen deur Ivan Louw by Centurion Kunstefees! Hierdie keer was dit Gr 2 English poetry
Baie geluk aan al drie ons groepe wat A++ ingepalm het by die Noorderkruin Kunstefees. Ons is so trots op julle!
Verbeelding Gr 3-5's
Paddas Gr 2 en 3's
Lekkerbek Gr Gr 1 en 2's
Die lekkerste is dat al die kinders dit so vreeslik baie geniet!!!
Klarise Louw van Y-not Dramaskool is nog net 4 jaar oud en daar stof sy gister al die ander voorskoolse deelnemers uit met Afrikaanse Poësie by die Centurion Kunstefees! Baie geluk Klarise met jou A++ en kategoriewenner...ons is so trots op jou!!!
Krummel en Karnallie is Maya se twee hamsters wat op 'n dag uit hulle hokkie uitglip. Bzzz, die brommer kom haal vir Blerts, die papegaai, om die boelie-probleem in Paradyspark op te los. Picatso ('n kat) is 'n mediasensasie wat met haar stert skilder. Ongelukkig verdwyn een van haar unieke skilderye! Ducatti, haar man, soek naarstiglik daarna, maar wie sou dit gesteel het? Dalk die skermunkels of is dit die snertwurms? En wat maak die oliekrokkenosterlikkeakkepikkestruisvoël skielik in die park? Kom kyk en vind uit!