Krummel en Karnallie is Maya se twee hamsters wat op 'n dag uit hulle hokkie uitglip. Bzzz, die brommer kom haal vir Blerts, die papegaai, om die boelie-probleem in Paradyspark op te los. Picatso ('n kat) is 'n mediasensasie wat met haar stert skilder. Ongelukkig verdwyn een van haar unieke skilderye! Ducatti, haar man, soek naarstiglik daarna, maar wie sou dit gesteel het? Dalk die skermunkels of is dit die snertwurms? En wat maak die oliekrokkenosterlikkeakkepikkestruisvoël skielik in die park? Kom kyk en vind uit!